Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verskeie mense op Kaapse roete aangeval

Reddingswerkers is besig om bergklimmers in Kaapstad te red nadat hulle aangeval is.

Die Silwermyn-staproete

Johann Marais van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) sê hulle is op die toneel waar vier klimmers, vermoedelik lede van WSAR, vanoggend omstreeks 09:20 in die berge bo St. James gaan stap het.

Die vier bergklimmers het 'n boodskap gestuur dat hulle dringend hulp nodig het nadat hulle aangeval en met messe gesteek is.

Een van die klimmers is 'n dokter en hy het sy mede-klimmers op die toneel behandel.

Die Skymed-reddingshelikopter word gebruik om paramadici tot by die slagoffers te kry.

Marais sê in 'n verdere voorval is hulle ook ingelig oor bejaarde stappers wat in die omgewing van die amfiteater, ook op die Silvermyn-staproete, aangeval is. Dit is nog onduidelik of die stappers aangeval is deur dieselfde aanvallers.

Teen 12:00 is berigte ontvang van 'n derde voorval waarin stappers aangeval is. Besonderhede is nog onseker, maar dit lyk of verskeie mense aangeval is. Die eerste groep is van die berg verwyder.

*Hou Netwerk24 dop vir verdere verwikkelinge.

Meer oor:  Staproete  |  Mesaanval  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.