Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Versorger in ouetehuis verkrag

’n Verkragtingsaak word ondersoek nadat gewapende rowers Sondag op ’n ouetehuis in Gqeberha (Port Elizabeth) toegeslaan en ’n versorger verkrag het.

Volgens die polisie is die 41-jarige versorger van ’n ouetehuis in KwaZakhele Sondag omstreeks 01:00 verkrag.

Twee gewapendes het ’n deur oopgedwing en die tehuis binnegekom, waarna die versorger met ’n vuurwapen gedreig is, het kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Die rowers het glo ’n televisie verwyder, waarna een van hulle na bewering die vrou verkrag het.

Die twee rowers daarna gevlug en niemand anders is in die voorval beseer nie.

Brig. Thandiswa Kupiso, waarnemende bevelvoerder vir die Nelson Mandelabaai-distrik, het die voorval in die ouetehuis, wat ’n plek van veiligheid vir bejaardes behoort te wees, veroordeel.

Kupiso het ook die gemeenskap gevra om die polisie in sy ondersoek te help.

Volgens Swart volg die speurders alle moontlike leidrade op, maar het teen Maandag was niemand nog in hegtenis geneem nie. Klagte van sakeroof en verkragting word ondersoek.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Verkrag  |  Tehuis  |  Versorger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.