Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vertonings op perdeplaas uitgestel ná Cremer-moord

Perdevertonings by die Vaderlandsche Rietvleiplaas in Philippi, Kaapstad, waar die vermoorde perderuiter Meghan Cremer voor haar dood gewoon het, is vir Augustus gestaak.

Meghan Cremer. Foto: Facebook

Dit is weens die onlangse tragiese gebeure en uit respek vir die Cremer-familie, het die perdeplaas op sy Facebook-blad bekend gemaak.

Cremer (30) se lyk is verlede Donderdagoggend nie ver van die plaas nie in ’n vlak graf met ’n tou om haar nek onder ’n hoop sand gevind. Sy is vermoedelik verwurg.

Sy het op 3 Augustus vermis geraak nadat sy die perdeplaas in haar wit Toyota Auris verlaat het. Sy is nie weer lewend gesien nie.

Haar ma, Gillian Cremer, het Dinsdagmiddag gesê die begrafnisreëlings sal nog bekend gemaak word.

Drie mans – Jeremy Sias (27), Charles Daniels (39) en Shiraaz Jaftha (34) – het verlede Donderdag in die landdroshof in Athlone, Kaapstad, op aanklag van motordiefstal, die besit van gesteelde goedere en moord verskyn. Die saak is tot Donderdag uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Teen Dinsdag het meer as 52 000 mense reeds ’n aanlyn versoekskrif geteken om borgtog van die beskuldigdes teen te staan. Die versoekskrif is deur die Facebook-groep SA Women Fight Back begin. Volgens inligting op die groep se blad het hulle toestemming verkry om Donderdag ’n vreedsame protesaksie by die hof te hou.

Die groep beywer hulle vir die bemagtiging van vroue en ’n veiliger Suid-Afrika vir vroue.

Meer oor:  Meghan Cremer  |  Kaapstad  |  Philippi  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.