Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
VIDEO: 'Bende' skiet 3 in motor dood

Drie mans is by ’n kruising in Mitchells Plain doodgeskiet.

Die mans, tussen die ouderdom van 21 en 43 jaar, se lyke het in ’n Ford Focus gelê toe die polisie omstreeks 12:00 op die hoek van Eisleben- en Morgensterweg aankom.

Verskeie skote is op hulle gevuur, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Volgens hom was die mans op pad na Mitchells Plain toe daar by die kruising vanuit ’n ander voertuig op hulle losgebrand is.

“Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die voorval bendeverwant kon wees,” sê Van Wyk.

Mense met inligting word versoek om die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel of die Lentegeur-polisiekantoor by 021 377 5000.


Meer oor:  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.