Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bewaarders se veiligheid weer in kollig ná aanval in tronk

Beeldmateriaal van ’n gevangene by die St. Albans-gevangenis wat glo vyf ure moes wag voordat hy hospitaal toe geneem is ná ’n aanval in die tronk, het die veiligheid van tronkbewaarders opnuut in die kollig geplaas.

’n Foto en ’n video-opname van die gevangene, wat intussen aan sy beserings dood is, is deur die misdaad-aktivis Yusuf Abramjee op Twitter gelaai.

Abramjee se inskrywing het hewige reaksie en simpatie ontlok vir die bewaardes by St. Albans, wat gereeld onder die lemme van gevangenes moet deurloop.

Die vakbond Popcru het voorheen in ’n verklaring gesê sy inligting dui daarop dat 88 beamptes sedert 2010 in die St. Albans-gevangenis aangerand is.

Na verneem word het die 27-jarige gevangene blykbaar Maandag ’n bewaarder met ’n mes gesteek.

Dié foto van die gevangene is glo kort na die aanval geneem. Foto: Twitter

Die oorledene was verhoorafwagtend op aanklag van moord en roof. ’n Interne ondersoek word gelas na sy dood.

Volgens Nobuntu Gantana, streekwoordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste (DKD), het daar Maandag ’n skermutseling uitgebreek terwyl die gevangenes van die medium A-afdeling ná ontbyt uit die eetsaal vergesel is.

Die oorledene het blykbaar ’n bewaarder met ’n mes in die rug en sy regterarm gesteek.

Nog twee bewaarders is deur dieselfde gevangene aangeval toe hulle hul kollega wou help.

Volgens Gantana is die vrouebewaarder se uniform deur die gevangene se mes geskeur en het die manlike bewaarder sy enkel verstuit.

Die bewaarder wat in die nek en arm gesteek is, is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan. Sy kollegas is Maandag ontslaan.

’n Persoon wat op Abramjee se inskrywing gereageer het, sê hy moet noem dat die gevangene op die dag van sy aanval in die hof moes verskyn het, en dat hy die bewaarder sewe keer gesteek het.

Volgens die vrou het die gevangene van sy eie medisyne gekry.

Sy sê sy maak geen verskoning vir hoekom dit vyf ure geneem het om hom hospitaal toe te vat nie, maar sy dink al die inligting rondom die gebeure moet verskaf word.

Nog iemand het gevra of daar genoem word die “hond” het ’n bewaarder gesteek.

Ander Twitter-gebruikers meen hulle voel ’n veer, dat misdadigers te veel regte het, en dat sy dood beteken dat daar een minder misdadiger is om oor bekommerd te wees.

Ronald Lamola, minister van justisie, het die gevangenis kort ná die aanval besoek en gesê die DKD is besig om vakante poste by die tronk te vul en strenger teen korrupte beamptes op te tree.


Meer oor:  Yusuf Abramjee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.