Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Video’s wys hoe jonges in Bloemfontein vermoor word

Videomateriaal van twee voorvalle waarin “gemeenskapsterroriste” oënskynlik in boendoehofaanvalle vermoor word, doen in Bloemfontein die ronde.

In een van die voorvalle is twee 13-jarige seuns lewend verbrand.

Albei voorvalle het op 4 Augustus plaasgevind en drie mans is reeds in hegtenis geneem in verband met die eerste voorval. Hulle het reeds Woensdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Toe die polisie daar aankom, het lede van die gemeenskap gebuk gestaan oor die twee lyke. Motorbande het langs hulle gelê.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê dié verskyning hou verband met die moord op twee jong mans van onderskeidelik 21 en 20 in die vroeë oggendure van Saterdag 4 Augustus in Malehostraat in Rocklands.

“Toe die polisie daar aankom, het lede van die gemeenskap gebuk gestaan oor die twee lyke. Motorbande het langs hulle gelê.”

Op die beeldmateriaal, wat Netwerk24 gesien het, kan gesien word hoe die oorledenes met kapmesse aangeval en met groot sementblokke gegooi word waar hulle op die grond lê.

“Niemand op die toneel wou enige inligting aan die polisie gee oor wat presies gebeur het nie. Daar is net gesê dat die gemeenskap hulle aangeval het.”

Die oorledenes het glo selfone gesteel.

Verantwoordelike inwoners meld misdaad aan en straf nie vermeende oortreders op hul eie grusame wyse nie.

Ná ’n polisie-ondersoek is Tlou Mahlabaliang (76), Thabo Mosahla (34) en Sesuthi Kagiso (21) in hegtenis geneem en van twee aanklagte van moord aangekla.

Net ’n paar uur later is die polisie na die J.B. Mafora-township ontbied waar twee 13-jariges met die halssnoer-metode vermoor is. Omstanders het na hulle verwys as “gemeenskapsterroriste”.

Teen Vrydag is niemand nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting speursers. Matli Machalotse, die ondersoekbeampte, by 073 729 1732 of 051 409 5608/03 bel.

Die polisie onderneem om mense wat bang is vir viktimisasie se identiteit te beskerm, sê Hlubi.

Sy sê die polisie pleit dat die gemeenskap nie die reg in eie hande neem nie.

“Verantwoordelike inwoners meld misdaad aan en straf nie vermeende oortreders op hul eie grusame wyse nie. Die polisie streef daarna om die inwoners van diens te wees en om hulle te beskerm. Die polisie probeer wet en orde handhaaf en sal diegene straf wat nie binne die voorskrifte van die wet bly nie,” sê Hlubi.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.