Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vier skeurtandhaaie op lughawe in Kaap onderskep

Vier skeurtandhaaie wat blykbaar van die Oos-Kaap afkomstig is en vermoedelik uit die land gesmokkel sou word, is op die lughawe in Kaapstad onderskep.

Die vier haaie, in veselglaskratte met spesiale water, was glo vir Nederland bestem. Geen permitte vir die uitvoer van die haaie is uitgereik nie. Hulle sou die land glo sowat ’n week gelede verlaat het

Die departement van omgewingsake wou nie kommentaar lewer oor die redes waarom die haaie uit die land gesmokkel sou word nie.

Albi Modise, woordvoerder van die departement, sê verdagtes is reeds geïdentifiseer.

“Die huidige inligting dui daarop dat die haaie oorspronklik van Port Alfred is. Meer kan nie bekend gemaak word nie aangesien dit suksesvolle vervolging kan belemmer,” sê Modise.

Foto ter illustrasie: ’n Skeurtandhaai. Foto: Argief

Hy sê die haaie sal vrygelaat word wanneer hulle sterk genoeg is.

Volgens ’n betroubare bron was al vier haaie erg verdoof toe amptenare die kratte onderskep het.

Twee van die haaie was glo in ’n swak toestand en het dringend mediese aandag nodig gehad.

Die bron sê ook dit is nie die eerste keer dat skeurtandhaaie uit die land geneem word nie.

Tinus Beukes, bedryfsbestuurder van die Two Oceans-akwarium, het Woensdag gesê die akwarium huisves die gekonfiskeerde haaie.

“Ek kan bevestig al vier is gesond en reageer normaal, en word tans in ons kwarantynfasiliteit gemonitor.”

Beukes, met meer as 20 jaar ervaring met haaie, meen die haaie was waarskynlik vir die akwariummark bestem.

“Skeurtandhaaie is perfek vir ’n akwarium aangesien hulle maklik in aanhouding oorleef. Hul vreesaanjaende voorkoms is ook ’n groot trekpleister vir akwariums.

“Dit is ook maklik om hulle te vervoer.”

Volgens Beukes kan ’n skeurtandhaai stil lê en asemhaal. Ander haaisoorte moet beweeg vir genoeg suurstof.

Hy sê skeurtandhaaie is onlangs op die bedreigdespesielys aangebring en dit is bykans onmoontlik om ’n uitvoerpermit te kry.

Meer oor:  Lughawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.