Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
4 skiet konstabel in PE dood

’n Polisiebeampte van Port Elizabeth is doodgeskiet toe vier gewapende mans op hom losgebrand het.

Die polisie het Woensdagoggend die oorlede polisiebeampte, konst. Bonga Ngcingwana (35) van die Mountweg-polisiekantoor, se naam bekend gemaak.

Ngcingwana is Dinsdagmiddag in Mendiweg, New Brighton, raakgeskiet. Hy is onderweg na die Mercantile-hospitaal dood.

Dié oor-en-weer-skietery het omstreeks 15:00 ontvou toe Ngcingwana en sy kollega, ’n polisiesersant (37), albei speurders van die Mountweg-polisiekantoor, ’n silwer Toyota Etios in Mendiweg voorgekeer het.

“Soos die polisiebeamptes uit hul gemerkte polisievoertuig geklim het, het vier insittendes uit die Etios geklim. Hulle het vuurwapens uitgehaal en verskeie skote op die polisiebeamptes afgevuur.

Foto ter illustrasie.

“Die 35-jarige polisiekonstabel is verskeie kere raakgeskiet, terwyl die polisiesersant daarin geslaag het om ongedeerd skuiling in te neem,” sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Etlike sekondes ná die skietvoorval het ’n polisievoertuig van die New Brighton-polisiekantoor, onwetend van die skietvoorval, op die toneel afgekom.

Die vier insittendes van die Etios het ook op dié polisiebeamptes losgebrand.

Beetge sê hoewel dié polisiebeamptes teruggeskiet het, het die aanvallers daarin geslaag om te vlug.

Beetge sê ’n volskaalse soektog is intussen na die vier aanvallers begin.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Die lafhartige aanval op beamptes en die skietdood van ’n konstabel wat sy pligte uitgevoer het om die gemeenskap te beskerm, is bewys van die soort roekelose individue wat voortgaan om die owerhede te ondermyn.

“Ek moedig die gemeenskap aan om die polisie te help om die misdadigers aan te keer.”

Enige persoon met inligting oor die voorval kan die Motherwell-polisiekantoor by 082 441 8121 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Skietdood  |  Konstabel  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.