Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vier vas ná skietdood van swanger vrou
Die polisie het op dié vuurwapen beslag gelê nadat ’n swanger vrou in Manenberg doodgeskiet is. Foto: SAPD/Verskaf

Vier mans, almal vermoedelik bendelede, van tussen 18 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n 26-jarige swanger vrou van Manenberg op die Kaapse Vlakte. Sy is verlede week doodgeskiet.

Ná die skietery Donderdagaand is inligting opgevolg en is die vier in hegtenis geneem, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Die polisie se bende-eenheid het ná die skietery die mans in die Thambo-woonbuurt in Manenberg gaan soek.

Van Wyk het bevestig die vrou was agt maande swanger en die ma van twee minderjarige kinders. Sy was glo saam met haar 29-jarige vriend op pad om elektrisiteit te gaan koop toe op hulle geskiet is. Die vriend is in die been gewond en die vrou het etlike skietwonde opgedoen.

Die polisie het op ’n vuurwapen beslag gelê. Met ballistiese toetse sal bepaal word of dit die wapen is wat in die skietery gebruik is.

Die organisasie Western Cape Gangwatch het die vrou geïdentifiseer as Sadieka Newman.

Meer oor:  Manenberg  |  Kaapse Vlakte  |  Bendelede  |  Skietdood  |  Bendegeweld  |  Skietvoorval  |  Inhegtenisneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.