Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vinnige Fransman op N3 vasgetrek

’n Man met ’n Franse identiteitsdokument en ’n baie vinnige Toyota sportnutsvoertuig is in hegtenis geneem nadat hy teen 176 km/h op die N3 tussen Heidelberg en Villiers gejaag het.

Die 43-jarige man is Donderdag kort voor 10:00 deur verkeersbeamptes van Mpumalanga vasgetrek.

Sowat ’n uur later op dieselfde pad het nog ’n haastige motoris hom in die gereg vasgeloop. Dié keer was dit ’n 26-jarige bestuurder van ’n BMW wat die lepel ingetrap het tot 166 km/h in die 120 km/h-sone.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê twee spoedoortredingsake is by die Grootvlei-polisiekantoor geopen. Dit is nog nie bekend wanneer die twee mans in die hof sal verskyn nie.

Meer oor:  Heidelberg  |  Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.