Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Virginia: Man gesoek ná moord, verkragting

Die polisie in die Vrystaat soek na ’n man wat na bewering saam met ’n makker twee mans in Meloding, Virginia geskiet en ’n vrou om die beurt verkrag het.

Die 25-jarige man het reeds op aanklagte van moord, poging tot moord en verkragting tydens ’n huisroof in die hof verskyn.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê hy is op 25 November ná deeglike speurwerk in hegtenis geneem. Hy sal weer op 2 Desember in die hof verskyn en waarskynlik om borgtog aansoek doen.

Hy en sy vermeende medepligtige het op 22 November ’n inwoner van Meloding ingewag toe hy na ’n buitetoilet op sy erf is.

Die 40-jarige huiseienaar is omstreeks 02:00 twee keer in die maag geskiet voordat hy die huis ingesleep is.

Hier het die twee mans glo sy 26-jarige vriendin verkrag terwyl hy gedwing is om toe te kyk.

’n Buurman het die lawaai gehoor en gaan ondersoek instel. Die mans het die buurman na bewering ook geskiet voordat hulle met R1 000 en ’n selfoon gevlug het.

Nog ’n inwoner het met die twee gewonde mans na ’n hospitaal gejaag. Die 36-jarige buurman is by die hospitaal dood verklaar, terwyl die ander man opgeneem is.

Meer oor:  Vrystaat  |  Virginia  |  Misdaad  |  Verkragting  |  Moord  |  Polisie  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.