Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Viswinkel in Kalkbaai beroof

Drie mans is Maandagoggend vasgetrek nadat hulle Kalky’s, ’n viswinkel in Kalkbaai, Kaapstad, beroof het.

viswinkel
Die polisie op die toneel waar ’n viswinkel in Kalkbaai Maandagoggend beroof is. Foto: SAPD

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdienste, sê ’n verkeersbeampte is Maandagoggend geskiet toe hy verby die rowers gery het.

“Die beampte is in sy arm geskiet. Hy het in Hoofweg naby die Kalkbaai-hawe gery toe hy verby die mans gery het wat by die gewapende rooftog betrokke was.”

’n Jaagtog in die rigting van Baden Powell-rylaan het gevolg met die rowers wat na Khayelitsha op pad was.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie en verkeerspolisie het saamgewerk om die mans vas te trek.

“Vier gewapende mans het die winkel van kontant beroof en toe in ’n Hyundai Getz weggejaag.”

Verkeersbeamptes en polisielede van Muizenberg het op die rooftog reageer en die rowers agternagesit.

“Drie mans is aangekeer en daar is vasgestel die voertuig waarin hulle gery het, is vroeër in Manenberg gekaap.”

Die drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. Die polisie soek nog na die vierde verdagte.

Meer oor:  Richard Coleman  |  Kalkbaai  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.