Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
VL lei jong boere op om hulself te beveilig

Vrystaat Landbou (VL) gaan jong boere, vroue en plaaswerkers oplei om hulself te beveilig omdat plaasaanvalle skerp bly toeneem.

VL sê landbougemeenskappe is onder beleg weens ernstige geweldsmisdade.

In die vyf jaar van 1 April 2016 tot 31 Maart 2021 was daar 298 plaasaanvalle, wat 37 moorde insluit, in die Vrystaat.

In die boekjaar 2020-’21 was daar ’n toename van vyf moorde (+41,67%) en 14 plaasaanvalle (+22,95%) vergeleke met 2019-’20.

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van VL, sê dit is kommerwekkend dat die toename gedurende die staat van inperking plaasgevind het, toe daar ’n groter sigbaarheid van die polisie was.

Buys sê in 21 van die 73 plaasaanvalle en -moorde in 2020-’21 is tussen twee en vyf slagoffers aangeval of vermoor. In die vyfjaartydperk was 18 slagoffers ouer as 80 jaar oud, met 19 slagoffers wat jonger as 19 was.

Die daarstelling van ’n proaktiewe omgewing teen misdaad waar vroue, jong boere en selfs plaaswerkers met opleiding bemagtig kan word om ’n bydrae te lewer en ’n rol te speel, is noodsaaklik.

VL wil nou ’n proaktiewe omgewing teen misdaad skep en het daarom ’n memorandum van verstandhouding met ’n private veiligheidsmaatskappy onderteken om gestandaardiseerde en geakkrediteerde veiligheidsopleiding aan landbougemeenskappe te bied.

Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, sê die fokus van die opleiding is hoofsaaklik om landbougemeenskappe te bemagtig om na hul eie veiligheid om te sien.

“Die daarstelling van ’n proaktiewe omgewing teen misdaad waar vroue, jong boere en selfs plaaswerkers met opleiding bemagtig kan word om ’n bydrae te lewer en ’n rol te speel, is noodsaaklik.”

Buys sê in ’n verslag dat 143 kommersiële en opkomende boere die afgelope vyf jaar aangeval is, van wie 16 vermoor is. Altesaam 126 werkers – wat voormanne, werkers en veiligheidswagte insluit – is aangeval, van wie 14 vermoor is. Daar is ook 24 persone aangeval wat op plase en/of kleinhoewes woonagtig is, van wie ses vermoor is.

In sewe aanvalle is sowel boere as werkers aangeval en in een geval is ’n boer en ’n werker vermoor.

“VL het vasgestel dat nagenoeg 300 plase in die vyfjaartydperk onder ’n aanval deurgeloop het, wat nagenoeg 4% van die Vrystaat se boerdery-entiteite verteenwoordig,” lui die verslag. Volgens Statistieke Suid-Afrika se landbou-opname in 2018 is daar altesame 7 951 boerdery-entiteite in die provinsie.

Altesaam 71 van die 88 dorpe in die Vrystaat se landbougemeenskappe is die afgelope vyf jaar deur ’n plaasaanval geraak.

In 52,46% van die plaasaanvalle is slagoffers geskiet of het hulle ernstige nek- en hoofbeserings opgedoen.

Daar is gemiddeld drie aanvallers per voorval, lui die verslag.

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Opleiding  |  Jong  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.