Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
VL vra nog taakspanne vir plaasveiligheid, veediefstal
Die landbougemeenskap in die Vrystaat vra meer hulpbronne om veediefstal te bekamp.Foto: verskaf

Hoewel ’n polisietaakspan in die Oos-Vrystaat gereeld met boere vergader, is boeregemeenskappe hier bekommerd omdat die veediefstaleenheid wat die gebied bedien nie genoeg hulpbronne het nie.

Dele wat veral onder veediefstal gebuk gaan, is die gebied wat deur die Bethlehem-beheerkamer bedien word.

’n Taakspan is verlede jaar, ná die moord op Brendin Horner (22) van Paul Roux, gestig om polisiebetrokkenheid en korrupsie by georganiseerde veediefstal te ondersoek.

Boere in die Oos-Vrystaat glo die moord op Horner, ’n werktuigkundige van die Bloukruin Landgoed-boerdery, hou verband met veediefstalsindikate in die gebied.

Die taakspan is op versoek van georganiseerde landbou asook die boerderygemeenskap in die gebied saamgestel en bestaan uit verskillende polisie-eenhede.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se landelike veiligheidskomitee, sê terugvoering word, indien nodig, deur die taakspan aan boerderygemeenskappe gegee.

Die landbougemeenskap meen egter daar word nie genoeg gedoen om veediefstal in die gebied te bekamp nie.

VL het telkens met die kantoor van die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Sam Mashinini, die Vrystaatse provinsiale polisiekommissaris, die teenmisdaadforums van AgriSA en die nasionale veediefstalvoorkomingsforums gepraat en gevra dat eenhede teen die Lesotho-grens behoorlik toegerus word om veediefstal te beveg.

Le Roux sê nog niks is gedoen om die veediefstaleenheid beter toe te rus of om die boerderygemeenskappe te help nie.

“Die enigste afleiding wat ons dus kan maak is dat veediefstal nie werklik ’n prioriteit vir die polisie en die minister is nie en dat daar ook nie ’n daadwerklike wil is om dit te beveg nie.”

Die enigste afleiding wat ons dus kan maak is dat veediefstal nie werklik ’n prioriteit vir die polisie en die minister is nie en dat daar ook nie ’n daadwerklike wil is om dit te beveg nie.

Intussen sê Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, dat die organisasie se memorandum aan Mashinini wat op 13 Oktober 2020 onderteken is, aandag moet kry.

In die memorandum versoek VL die LUR dat polisie- betrokkenheid en -korrupsie daadwerklik aandag van die polisie moet kry deur die samestelling van taakspanne in die provinsie om veral plaasaanvalle en georganiseerde veediefstal te ondersoek.

Ná die versoek is in die afgelope ses maande nog net een taakspan in die Bethlehem-omgewing saamgestel.

Veediefstal in die Oos-Vrystaat is al jare lank ’n probleem, soos gesien kan word op die grafiek.Foto: Grafika Netwerk24

Meer oor:  Vrystaat Landbou  |  Jakkals Le Roux  |  Veediefstal  |  Bethlehem  |  Paul Rou  |  Oos-Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.