Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vlaag misdaad teister Rondebosch

’n Vlaag misdaad in Julie in Rondebosch, Kaapstad, maak inwoners bekommerd oor hul veiligheid in dié voorstad, veral omdat baie daarvan helder oordag op straat gepleeg word.

Die Rondebosch-meent: ’n Vrou is helder oordag hier deur ’n gewapende rower beroof terwyl sy gedraf het. Foto: Google Images

Een inwoner het selfs op die Facebookblad Rondebosch Community gesê sy wil ’n biddag teen misdaad reël.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n 29-jarige vrou is Sondag 21 Julie omstreeks 14:30 op die Rondebosch-meent beroof terwyl sy gedraf het.

Die meent is ’n gewilde plek vir drawwers in die voorstad.

“Die vrou het gedraf toe ’n swart Opel Corsa langs haar stilhou. ’n Passasier het uitgeklim en ’n vuurwapen op haar gerig, haar selfoon gegryp, in die motor gespring en weggejaag. Die slagoffer sê ’n vrou het die motor bestuur,” sê Van Wyk.

Net meer as ’n halfuur later is ’n man in Burgweg naby die Baxter-teater, minder as 2 km van die meent af, beroof.

“Twee verdagtes het die jong man omstreeks 15:05 by die duikweg in Burgweg met ’n mes gedreig. Die man se skoene, Samsung-selfoon en huissleutels is gesteel,” sê Van Wyk.

’n Man is Dinsdag 22 Julie omstreeks 18:20 in Rouwkoopweg in Rondebosch beroof terwyl hy gestap het.

“ ’n Verdagte het die man genader, ’n mes uitgepluk en geëis dat die man sy rugsak oorhandig. Die man het vir sy lewe gevrees en sy rugsak oorhandig.”

Die 34-jarige man se Samsung-selfoon, Dell-skootrekenaar, Guess-beursie en Samsung-oorfone was in die rugsak.

“Niemand is tydens enige van hierdie aanvalle beseer nie, maar die publiek moet kennis neem van veiligheidswenke,” sê Van Wyk.

Mense moenie met waardevolle besittings op straat rondloop nie en ook nie op hul selfoon praat nie.

“Moenie teëstribbel nie. Gooi jou selfoon of handsak weg en hardloop in die teenoorgestelde rigting. As jy vermoed iemand volg jou, stap na ’n besige gebied. As ’n voertuig jou volg, draai om en stap in die teenoorgestelde rigting.”

’n Verdagte het die man genader, ’n mes uitgepluk en geëis dat die man sy rugsak oorhandig. Die man het vir sy lewe gevrees en sy rugsak oorhandig.

Die Rondebosch-polisie sê hulle werk saam met veiligheidsdienste om die misdaad hok te slaan.

’n Ander inwoner skryf op Rondebosch Community sy en haar familie is op Saterdag 20 Julie omstreeks 20:30 in hul huis deur drie gewapende rowers aangehou. Haar dogter, skoonseun en twee kleinkinders was daar saam met haar.

“Hulle het ons in die televisiekamer laat lê terwyl hulle ons besittings gesteel het.”

Die vrou sê ringe, horlosies, selfone, televisies en kontant is gesteel.

“Die verdagtes het wapens gehad en ons het besluit om nie terug te baklei nie. Gelukkig is niemand beseer nie.”

Die polisie kon egter nie dié voorval bevestig nie.

Meer oor:  Kapt. Frederick Van Wyk  |  Kaapstad  |  Rondebosch  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.