Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vlugtende rower sny per ongeluk sy eie vinger af

’n Man het sy vinger verloor in ’n stoeiery toe hy ’n vrou Vrydagoggend in Plettenbergbaai aangeval het nadat sy geld by ’n kitsbank onttrek het.

Die man het gevlug en sy vinger is op die toneel gevind.

Bruce Richardson, voorsitter van die Plettenberg Bay Crime Prevention Association, sê die voorval het omstreeks 06:00 by Melville’s Corner in Mainstraat plaasgevind. Dit was in daardie stadium nog donker. Toe sy op pad terug was na haar motor is sy deur die man met ’n mes aangeval. Hy het haar in die rug gesteek.

In die proses is die man se ringvinger vermoedelik deur sy eie mes afgesny.

Lede van die Plettenberg Bay Crime Prevention Association was eerste op die toneel. Die polisie was kort daarna op die toneel en het die gebied afgesper.

Die vrou se is na ’n plaaslike hospitaal geneem en sover bekend is sy buite gevaar.

Die polisie is nou dringend op soek na die man.

“Ons weet hoe hy lyk. Daar is beeldmateriaal op kringtelevisie van die voorval.”

Richardson benadruk dat misdaadsyfers in Plettenbergbaai die afgelope tyd gedaal het. “Daar was min gewelddadige misdaad in die dorp.”

Hy doen ’n beroep op mense om nie in die donker geld by ’n kitsbank te onttrek nie.

Meer oor:  Kitsbank  |  Hospitaal  |  Mes  |  Onttrek  |  Kringtelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.