Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Voetganger 20 km onder voertuig gesleep ná ongeluk

’n Motorbestuurder wat ’n voetganger omgery het, het die voetganger sowat 20 km onder sy motor saamgesleep tot by die naaste polisiekantoor waar hy die voorval aangemeld het.

Die voetganger, wie se naam nog nie bekend is nie, is Sondag op die N2 naby Newlands, sowat 30 km van Oos-Londen, omgery.

Kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, sê die motorbestuurder het reguit na die Cambridge-polisiekantoor gery om die ongeluk aan te meld. Die oorledene was met sy aankoms nog onder die motor.

Die bestuurder het aan die polisie gesê hy het nie ná die ongeluk stilgehou nie omdat hy vir sy lewe gevrees het. Dit is nog onduidelik presies waarvoor die bestuurder bang was.

’n Saak van strafbare manslag is geopen en die saak is na die Vulindlela-polisiekantoor oorgeplaas. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Voetganger  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.