Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vonnis verwag in Kameeldrift-moord

Die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op Riekie Steenberg van Kameeldrift, Pretoria, sal na verwagting Dinsdag gevonnis word.

Steenberg is op 29 Junie 2016 in ’n aanval op ’n kleinhoewe in Kameeldrift doodgeskiet. Haar man, Jurie (56), is in die blad geskiet. Jurie se eerste vrou, Suna, is in April 2010 ook in ’n aanval vermoor, maar niemand is nog vir haar moord vervolg nie.

Ephraim Semake (26) en Dolph Sambok is ná ’n uitgerekte verhoor vanjaar op 5 September deur regter Hennie de Vos daaraan skuldig bevind dat hulle Steenberg koelbloedig doodgeskiet het.

Dolph Sambok en Karabo Ephraim Semake tydens ’n vorige hofverskyning. Foto: Isabel Venter

De Vos het die twee ook skuldig bevind op aanklag van huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en die onregmatige besit van ’n vuurwapen.

In sy uitspraak het De Vos gesê Semake en Sambok se getuienis in die hof het nie ’n goeie indruk op hom gemaak nie.

In die verhoor het dit aan die lig gekom dat Sambok op 5 April 2017 in hegtenis geneem is. Dit was nadat die polisie DNS van Sambok op ’n tang en sneesdoekie in die Steenbergs se huis gekry het.

Sambok het dié beweringe ontken en volgehou die polisie het die DNS “geplant”.

Jurie Steenberg en sy vermoorde vrou, Riekie. Foto: Verskaf

Albei mans het ook gedurende die verhoor teëgestribbel oor bekentenisse wat hulle met hul inhegtenisname afgelê het waarin hulle skuld op die aanval en moord beken het. Die twee het volgehou die polisie het hulle aangerand.

Semake het ook in sy pleitverduideliking gesê hy was van April tot September 2016 in Soshanguve waar hy gebly en gewerk het en was dus nie by die moord betrokke nie.

De Vos sal Semake en Sambok na verwagting Dinsdag vonnis.

Meer oor:  Kameeldrift  |  Pretoria  |  Vonnis  |  Moord  |  Hof  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.