Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Voormalige Namibiese sokkerster agter tralies

’n Voormalige Namibiese en Suid-Afrikaanse sokkerspeler is op Swakopmund, Namibië, in polisie-aanhouding weens beweerde diefstal.

Denzyl Bruwer (42) het Maandag, ná ’n naweek agter tralies, in die landdroshof op Swakopmund verskyn op aanklagte van diefstal en huisbraak met die opset om te steel, berig die Namibian Sun.

Denzyl Bruwer, ’n Namibiese sokkerspeler, is in polisie-aanhouding nadat hy glo huisraad op Swakopmund gesteel het. Foto: Facebook

Borgtog is geweier en Bruwer sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 24 Junie.

Volgens die Informanté-webwerf word Bruwer daarvan beskuldig dat hy verlede Donderdag by twee woonstelle in die Tamariskia-buurt van Swakopmund ingebreek en verskeie huisraad gesteel het.

Die goedere se waarde word geskat op sowat R91 000.

Polisie het die meeste van die items teruggekry.

Bruwer was ’n doelwagter vir die Brave Warriors-span wat Namibië in die Afrika-nasiesbeker in 2011 in Burkina Faso verteenwoordig het en ook in 1998 in Afrika se Konfederasiebeker-sokkertoernooi.

Hy het ook vir verskeie plaaslike Suid-Afrikaanse spanne soos Young Ones, Wits University (nou bekend as Bidvest Wits FC) en Ajax Cape Town uitgedraf.

Meer oor:  Namibië  |  Swakopmund  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.