Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrae ná ‘diefstal’ by Transnet se pypleiding

Transnet kon die pypleiding seël waaruit meer as 40 000 liter ruolie verlede week in die Umbilorivier, suid van Durban, gestort het.

Tanuja Naidoo, waarnemende hoof, het gesê die pypleiding is beskadig nadat vandale probeer het om ruolie daaruit te steel. Sy sê ’n strafsaak is aanhangig gemaak.

Saret Knoetze van Transnet Pipelines in Durban het gister gesê die Valke ondersoek nou die saak. Volgens Knoetze is die pypleiding nie die ou een waarna omgewingsorganisasies in Durban-Suid vroeër verwys het nie. Dié ou pypleiding is jare gelede al uit bedryf gestel, sê sy.

Desmond D’Sa het Vrydag gesê hy glo nie Transnet se verduideliking dat diewe die pypleiding beskadig het om ruolie daaruit te steel nie.

Desmond D’Sa, stigter van die Suid-Durban Omgewingsalliansie (SDEA), het Vrydag gesê dié organisasie glo nie Transnet se verduideliking dat diewe die pypleiding beskadig het om ruolie daaruit te steel nie. Volgens hom weet selfs diewe dat hulle niks met ruolie kan doen nie.

“Al is dit watter een van Transnet te pype, ons meen steeds die lekkasie het weens ’n gebrek aan instandhouding ontstaan. Ons dring aan op ’n integriteitsverslag oor die toestand van die pypleiding waaruit die olie gelek het.”

Volgens Naidoo is die beskadigde pyp weer ten volle in gebruik en skep opruimingspanne onverpoosd die olie uit die Umbilorivier en keer dat dit in die oop see beland. Brandstofdiewe teister Transnet Pipe­lines, sê sy. Dié organisasie hou ’n netwerk van 3 800 km pype in stand waardeur brandstof en gas teen ’n baie hoë druk na die binneland vervoer word. In die huidige boekjaar is 80 voorvalle van brandstofdiefstal uit Transnet se pypleidings aangemeld.

Luidens die verklaring sal vissermanne, as ’n voorsorgmaatreël, tot môre nie toegelaat word om in die hawegebied vis te vang nie.

Volgens Knoetze is dit nog te vroeg om te bepaal wat die omvang van die omgewingskade is, asook die skade wat Transnet gely het.

Meer oor:  Transnet  |  Durban  |  Misdaad  |  Diefstal  |  Vrae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.