Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrae oor Aliwal-man se dood

Onsekerheid heers oor die oorsaak van die dood van ’n jong man in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap nadat dit eers gelyk het of hy sy eie lewe geneem het.

Eben van Jaarsveld (30) se lyk is op 2 Januarie in ’n gebou tussen die vyfde en sesde putjie op die gholfbaan in Aliwal-Noord gekry waar hy van die dak gehang het.

Hoewel dit gelyk het of hy self sy lewe beëindig het, is sy ma, Adelle Smith, oortuig daarvan dat hy vermoor is.

“Ons wag nog vir die uitslae van die nadoodse ondersoek, maar sekere goed maak net nie sin nie,” sê sy.

Eben van Jaarsveld (30). Foto: Verskaf

Sy wou nie verder daaroor uitwei nie, uit vrees dat dit “dalk die polisieondersoek kan belemmer”.

Ao. Moitheri Bojabotseha, polisiewoordvoerder, sê dat ’n geregtelike doodsondersoek begin is.

“Ons vermoed geen vuilspel nie, maar die voorval word steeds ondersoek,” sê hy.

Smith sê die familie is verpletter.

“Ons is gebreek oor sy dood.”

Sy beskryf Van Jaarsveld, wat by ’n motorhandelaar in die dorp gewerk het, as ’n baie saggeaarde, maar sterk mens.

“Hy was ’n plaaskind sedert geboorte. Hy het maklik vriende gemaak en mense na hom aangetrek. Hy was nooit aggressief nie. Hy het sy streke gehad, maar was ’n stil kind.”

My engelkind is nou weg. Nou gaan ek hom nooit weer sien nie.

Volgens haar sou Van Jaarsveld, een van drie broers, nie sy ewe lewe neem nie.

“Hy het ’n paar dae voor sy dood nog met sy oudste broer gepraat oor die baie planne wat hy nog het. Hy het baie ambisie gehad en was ’n uiters sterk mens.”

Sy noem hom haar “engelkind”.

“My engelkind is nou weg. Nou gaan ek hom nooit weer sien nie.”

Van Jaarsveld word deur sy ma, twee broers, Cobus en Anton, en ’n dogter, Alicia (8), oorleef. Alicia bly in Kimberley by haar ma.

Meer oor:  Eben Van Jaarsveld  |  Aliwal-Noord  |  Sterfgeval  |  Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.