Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrae oor geld wat verdwyn voor wynmaker se moord

Sowat ’n kwartmiljoenrand het enkele maande voor die moord verlede Sondag op Stefan Smit, eienaar van die wynlandgoed Louiesenhof, onverklaarbaar verdwyn.

Stefan Smit is op 2 Junie in sy huis op die wynlandgoed Louiesenhof vermoor. Foto: Verskaf

Die geld het glo iewers tussen Januarie en Februarie vanjaar voete gekry.

Smit is verlede Sondag tussen 18:30 en 19:00 in sy huis deur vier onbekende mans doodgeskiet. ’n Bron wat gevra het om anoniem te bly, het gesê Smit het aanvanklik gedink hy het sy kluissleutels verloor. Die geld het kort daarna uit sy kluis verdwyn.

Volgens die bron het Smit geglo dat iemand hom slaappille ingegee het in die tyd wat die kluissleutels en die geld, sowat R250 000, verdwyn het. Hy het die kluis se slotte glo kort daarna laat verander.

Smit en sy vrou het nie alleen in die huis gewoon nie.

Ook ’n lyfwag het in die huis gewoon. Smit het die lyfwag aangestel weens die grondbesetters op sy plaas en die konflik wat daar was voordat die grond aan die Stellenbosch-munisipaliteit verkoop is.

Smit, Zurenah en ’n familievriendin was in die kombuis en het pas klaar aandete genuttig toe vier onbekende mans toegang tot die huis deur ’n oop deur gekry het. Smit is drie keer raakgeskiet. Hy is op die toneel dood.

Zurenah en die familievriendin se hande is vasgebind en hul handsakke en selfone is gesteel. Hulle is verder ongedeerd gelaat. Die aanvallers het daarna van die toneel gevlug.

Volgens bronne kon daar tot dusver geen verband tussen die grondbesetters en Smit se dood getrek word nie.

Smit se gewese vrou, Esme Smit, het Sondag gesê geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

Meer oor:  Stefan Smit  |  Louiesenhof  |  Stellenbosch  |  Trust
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.