Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrae oor sy dood spook steeds by haar, sê Recolin se ma

’n Jaar nadat die oorskot van die vermiste Recolin Witbooi in ’n veld naby sy ouerhuis gevind is, is daar nog geen leidrade oor hoe hy dood is nie.

Dié agtjarige seun se familie en vriende sit steeds met tergende vrae oor presies wat met hom gebeur het.

Recolin, wat ten tyde van sy verdwyning ’n gr. 1-leerling aan die Hillcrest Primary School was, is op 6 Julie 2019 laas lewend gesien.

Dit was skoolvakansie en hy het die dag van sy verdwyning saam met maats by ’n kloof in die omgewing van sy ouerhuis gaan visvang. Die maats het gesê hulle het vir Recolin naby die dam gelos.

Niemand is al aangekeer ná die dood van Recolin Witbooi nie. Foto: Argief

Verdere ondervraging van die kinders deur die polisie en maatskaplike werkers het teenstrydighede opgelewer.

Vir bykans drie maande lank was daar ’n uitgebreide soektog na hom, belonings is uitgeloof en ’n private speurder het op eie koste na Recolin gesoek, maar dit het niks opgelewer nie.

Chriszelda Witbooi, Recolin se ma, het Dinsdag gesê dit is nou al ’n jaar sedert haar ergste nagmerrie waar geword het. Sy skrik nog elke dag wakker met die hoop dat sy uit dié nagmerrie gaan wakkerskrik, maar dit gebeur nie.

Volgens Witbooi huil sy die afgelope jaar elke dag oor haar seun en daar is dae dat sy so erg verlang dat sy nie normaal kan funksioneer nie.

“My seun se verdwyning en om te moes aanvaar hy is dood sonder om te weet wat met hom gebeur het, is die ergste seer ooit. Die tergende vrae spook by my.

“Baie dae voel dit vir my asof almal van hom vergeet het en of ek die enigste een is wat ondanks alles wil hê geregtigheid moet geskied.”

’n Inwoner van die gebied wat met sy hond gaan stap het, het op die oorskot afgekom en die polisie ontbied.

Al wat daar van Recolin oor was, was ’n tand, ’n nael en ’n paar beendere. Toe DNS-toetse bevestig die oorskot is wel dié van Recolin, het Witbooi dit in ’n klein wit kissie geplaas en begrawe.

“Die Here is die Here, en eendag, en op sy perfekte tyd, sal Hy die waarheid aan my openbaar,” sê Witbooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.