Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vragmotor met kosprodukte in Kaapstad geplunder

Wetstoepassingsbeamptes en die polisie het Vrydagoggend hul hande in Kaapstad vol gehad nadat inwoners van Samora Machel in Philippi ’n vragmotor wat kosprodukte vervoer het, geplunder het.

Wayne Dyason, woordvoerder vir die Kaapstad-metro, sê die voorval het tussen 06:30 en 07:00 op Jakes Gerwel-rylaan plaasgevind.

Hy sê die vragmotorbestuurder se been het seergekry.

Twee ander werkers wat saam met hom was, is ongedeerd. Die bestuurder het glo aan die wetstoepassingsbeamptes gesê dit was meestal vroue wat glo op die vragmotor toegesak en dit geplunder het.

Dyason sê die pad is ná die voorval toegemaak en daar is ’n groot polisieteenwoordigheid op die toneel.

Intussen is die R300-hoofweg by Jakes Gerwel-rylaan omstreeks 09:00 vir verkeer gesluit, nadat daar weer voorvalle was waar mense vragmotors met klippe bestook het en probeer het om dit te plunder, het Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die verkeersdienste van die Kaapse metro, gesê.

Die vragmotor se voorruit is met klippe bestook.Foto: Kaapstad-metroraad
Volgens die bestuurder was dit meestal vroue wat by die plundery betrokke was. Foto: Kaapstad-metroraad
Die bestuurder se been is in die voorval beseer. Twee ander werkers wat saam met hom was, is ongedeerd.Foto: Kaapstad-metroraad
Die vragmotor het kosprodukte vervoer.Foto: Kaapstad-metroraad

Meer oor:  Kaapstad  |  Philippi  |  Samora Machel  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Vragmotor Geplunder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.