Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vragmotor met mediese voorraad in Pretoria gekaap

’n Vragmotor met farmaseutiese produkte is Dinsdag in Akasia, Pretoria, gekaap.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê ses mans en ’n vrou is op ’n hoewe weens die kaping in hegtenis geneem.

Die polisie in Akasia het op die verlate vragmotor, wat volgens hul inligting aan ’n farmaseutiese maatskappy behoort, in Railway-straat in die Orchards-gebied afgekom.

Die vragmotor was glo onderweg na ’n verskaffer om produkte af te lewer toe dit gekaap is.

Die opsporingsmaatskappy het onraad vermoed toe die vragmotorbestuurder nie sy selfoon antwoord nie.

Die polisie is ontbied en hul inligting het hulle gelei na ’n hoewe in die Strydfontein-gebied waar daar op farmaseutiese produkte in kartonbokse afgekom is wat vermoedelik uit die vragmotor gesteel is.

Peters sê die waarde van die produkte is nog nie vasgestel nie.

Die sewe mense wat op die hoewe was, is weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Peters kon nie bevestig of een van hulle die vragmotorbestuurder is nie.

Lt.genl. Elias Mawela, polisiehoof in Gauteng, het die polisie geloof vir hul werk en ’n waarskuwing gerig aan mense wat met misdadigers saamwerk en die polisie met vals inligting probeer mislei.

Hy sê hulle sal nie net van die besit van gesteelde goedere aangekla word nie, maar ook van dwarsboming van die gereg.

Die verdagtes sal later vandeesweek in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Die vragmotor wat Dinsdag in Akasia in die noorde van Pretoria gekaap is. Foto: SAPD
Kartonbokse vol farmaseutiese produkte is Dinsdag op ’n hoewe in die noorde van Pretoria gekry nadat die vragmotor waarin dit was vroeër die dag gekaap is. Foto: SAPD

Meer oor:  Vragmotor  |  Misdaad  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.