Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vragmotor met R1 m se vonkelwyn gekaap

Speurders verbonde aan die Wes-Kaapse anti-kapingseenheid en die Lansdowne-polisie het drie verdagtes vasgetrek wat glo ’n vragmotor met duur vonkelwyn gekaap het.

Sers. Noloyiso Rwexana het gesê die vragmotor is verlede Donderdag omstreeks 15:00 op die hoek van Owen- en Haltweg in Elsiesrivier gekaap.

Die vragmotor het 36 palette vonkelwyn van meer as R1 miljoen vervoer.

Rwexana het gesê die voertuig kon nie opgespoor word nie, omdat die vragmotor se opsporingstoestel buite werking gestel was. Die leë voertuig is later in Lansdowne-weg opgespoor.

Volgens haar het die ondersoekers Vrydag inligting opgevolg en ’n deurbraak gemaak toe vasgestel is dat die vragmotor by ’n adres in Cretestraat, Ottery in Kaapstad stilgehou het.

Die sakeperseel is dopgehou en daar is gesien hoe bokse in ’n vragmotor gelaai word. Die polisie het die vragmotor agtervolg en voorgekeer, waarna 320 bokse vonkelwyn gevind is.

Twee verdagtes, van onderskeidelik 22 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

“Die polisie het ’n klopjag uitgevoer op die gebou in Cretestraat en 717 bokse vonkelwyn gevind. ’n 60-jarige verdagte is op die perseel in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.”

Al drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Wynberg verskyn.

Die bokse vonkelwyn wat gesteel is. Foto: SAPD

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Kaping  |  Vonkelwyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.