Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrese vir bende-bloedbad ná seun se skietdood

’n Bloedbad word op die Kaapse Vlakte en die Boland verwag nadat ’n nabye familielid van Ernie “Lastig” Solomon, vermeende leier van die 28’s-bende, Vrydag in Chicago, Paarl, doodgeskiet is.

Hashiem Solomon (15), ’n gr. 9-leerling aan die New Orleans Secondary School, was Vrydagmiddag saam met vriende en sy broer in die agterplaas van ’n huis in Chicago toe drie aanvallers glo op hulle losbrand. Hashiem is in die kop getref en is daar dood. Nog 13 mense wat ook in die agterplaas was, is gewond.

Hashiem SolomonFoto: Facebook/New Orleans Secondary School

Hashiem is die naweek ingevolge die Moslem-geloof begrawe.

Ingeligte bronne het Maandag gesê ’n man is die naweek deur lede van die Wes-Kaapse bende-eenheid in verband met die skietvoorval in hegtenis geneem. Die verdagte, Dylan “Picadilly” Adriaans (22), is glo ’n lid van die 27-tronkbende en ook van die Hard Living-bende.

Adriaans is glo van Westridge, Mitchells Plain.

Hy het Maandag in die landdroshof in die Paarl verskyn op ’n aanklag van moord, 13 aanklagte van poging tot moord, ’n aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ’n aanklag van die besit van onwettige ammunisie. Sy saak is tot 4 Februarie 2020 vir verdere ondersoek uitgestel.

Daar is ook bewerings van ’n oorlog tussen lede van die 27-bende, wat ook as die Skombizo’s bekend staan, en die 28-bende.

Die oorlog woed volgens die bronne tans in Mitchells Plain, Portland, Westridge en Tafelsig.

Die bronne het gesê mense in die binnekringe is bang dat Hashiem se skietdood die olie op die vuur kan wees van die “oorlog” tussen die 28-bende en die 27-bende.

Meer oor:  Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.