Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrieskaste vol onwettige perlemoen gevind

’n Malawiese vrou is Sondag in Monte Vista buite Kaapstad in hegtenis geneem nadat die polisie afgekom het op onwettige perlemoen ter waarde van sowat R1,3 miljoen.

Dié inhegtenisneming het gevolg toe die polisie gereageer het op ’n klag van huisrooftog.

Die ses groot vrieskaste waarin die perlemoen gevind is.
Sakke perlemoen in een van die vrieskaste.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê polisielede verbonde aan die K9-eenheid het Sondagaand gehoor daar word by ’n huis in De La Fontein-pad ingebreek.

’n Man het weggehardloop en die Malawiese vrou was die enigste ander mens in die huis waar die polisie afgekom het op ses groot vrieskaste vol perlemoen met ’n geskatte straatwaarde van R1,3 miljoen.

Sy het Maandag in die landdroshof in Goodwood verskyn.

“Die omstandighede word ondersoek en die verdagte se medepligtiges word ook nog gesoek,” sê Traut.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Polisie  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.