Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou 4 keer geskiet terwyl sy wag voor haar hek
Foto ter illustrasieFoto: André Damons

’n Vrou van Kroonstad in die Vrystaat is in die hospitaal nadat sy Vrydagaand vier keer geskiet is buite haar huis in Morewag.

Die voorval het omstreeks 18:45 gebeur terwyl die 43-jarige vrou glo in haar voertuig voor haar huis in Hartleystraat gewag het vir die hek om oop te gaan.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n man het glo skielik verskyn en verskeie skote op haar geskiet. Hy het daarna in ’n wegkom-motor gevlug.

Die vrou is vier keer in die lyf getref en is na ’n hospitaal gebring.

Makhele wou Saterdag weens “veiligheidsredes” nie die vrou se naam of waar sy behandel word bekend maak nie.

Dit is nog nie seker of enigiets geroof is nie.

Niemand is nog vasgetrek nie en ’n klag van poging tot moord word ondersoek.

* Die polisie vra enigeen met inligting oor die voorval, om die Kroonstad-polisiekantoor te bel 056-216-5503 of die polisie noodnommer 08600-10111.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.