Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (54) op hoewe buite Mbombela vermoor

’n Tuinwerker het Saterdag afgekom op die lyk van ’n 54-jarige vrou wat in haar huis op ’n kleinhoewe buite Mbombela in Mpumalanga oorval is.

“Vier mans het die vrou van Uitkyk Plot 13 oorrompel, haar vasgebind en haar met ’n skerp voorwerp doodgesteek voordat hulle met haar selfoon en ’n vuurwapen gevlug het,” sê brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Haar tuinier het op haar afgekom nadat hy gesien het hoe verdagtes weghardloop. Hy is na die bure om hulp te soek.”

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het intussen ’n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting oor die voorval.

Enigiemand met inligting word gevra om konst. Ernest Maoka by 082 318 9843 kontak.

Meer oor:  Mbombela  |  Mpumalanga  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.