Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (63) in haar huis in Tongaat doodgeslaan

’n Vrou van Tongaat, KwaZulu-Natal, is Maandagoggend met ’n hamer in haar huis doodgeslaan.

Die huis in Tongaat waar ’n vrou met ’n hamer doodgeslaan is. Foto: Twitter

Volgens Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het die 63-jarige vrou se 13-jarige kleindogter haar gehoor skree.

“Sy het gaan kyk wat aangaan en ’n man gesien wat haar ouma aanrand. Sy het na die bure gehardloop om hulp te ontbied.”

Die polisie het die bebloede vrou in die huis aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog vir die moord in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Thembeka Mbele  |  Tongaat  |  Doodgeslaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.