Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (69) beseer in plaasaanval tussen Paarl en Franschhoek

’n Vrou is vasgebind, aangerand en vermoedelik rond gesleep toe sy Donderdag op die plaas Vergesig tussen die Paarl en Franschhoek oorval is.

Dit is nog onbekend hoe ernstig die 69-jarige vrou beseer is.

Die voorval het kort ná 10:00 op die plaas op die R101-pad, ook bekend as die Wemmershoekpad, plaasgevind.

Paramedici behandel die 69-jarige vrou op ’n plaas tussen die Paarl en Franschhoek. Foto: Drakenstein-plaaswag

Volgens inligting was sy alleen in die opstal toe haar aanvallers in ’n wit bakkie daar opgedaag het. Hulle het glo vir haar gesê dat hulle skape wil koop en wou by haar weet wat die prys is.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is die vrou oorval en die huis ingedwing waar haar aanvallers haar hande agter haar rug vasgebind het.

Sy is glo daarna deur die huis geneem en hulle het haar gevra waar die kluis, die vuurwapens en geld is. Minstens een van die mans was gewapen.

Van Wyk sê die Paarl-polisie is kort ná 10:00 van die voorval ingelig en hulle het die vrou met ’n kopwond aangetref wat vermoedelik deur een van die aanvallers toegedien is.

Die eienaar van die plaas, Jan van der Merwe, het Donderdag gesê daar kan nog nie met sekerheid gesê word wat alles uit die huis gebuit is nie.

Hy sê die vrou is ’n vriendin en wou nie haar naam bekend maak nie.

Ek vermoed terwyl hulle haar in die huis rond gesleep het op soek na vuurwapens en geld, het hul makkers die kompressor en sae op hul bakkie gelaai.

“Ek sit nog hier buite. Die polisie is nog binne om foto’s en goed te neem,” het hy gesê.

Van der Merwe sê hy vermoed dat meer as drie mans by die voorval betrokke was.

Volgens hom is van sy kragsae wat hulle gebruik om bome af te saag, sowel as een van sy kompressors, gesteel.

“Ek vermoed terwyl hulle haar in die huis rond gesleep het op soek na vuurwapens en geld, het hul makkers die kompressor en sae op hul bakkie gelaai.”

Van der Merwe sê hy dink die mans het sy bewegings dopgehou, want hulle het glo toegeslaan kort nadat hy van die opstal af weg is.

Hy sê een van die polisielede wat in die huis was, het vir hom gesê dat sy kluis oopgekap is.

“Ek kan egter nog nie sê of daar vuurwapens weg is of wat hulle alles gesteel het nie.”

Volgens hom weet hulle nie hoe ernstig sy vriendin beseer is nie. “Dit moet ek by die hospitaal gaan uitvind.”

Die polisie moet ook nog bevestig hoe sy die kopwond opgedoen het.

Volgens Van Wyk word ’n saak van huisroof ondersoek.

Meer oor:  Franschhoek  |  Paarl  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.