Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (69) dood in bad gekry, moord ondersoek

’n Moorddossier is Dinsdag deur die polisie in Meyerton in Gauteng geopen nadat die lyk van ’n 69-jarige vrou in ’n bad in ’n woonstel op Henley-On-Klip gevind is.

’n Hartseer Esmé Liebenberg (72), ’n jare lange vriendin van die oorledene, Rina Groenewald, het Donderdag aan Netwerk24 gesê dat sy op 26 Augustus laas van Groenewald gehoor het.

Rina Groenewald

“Ons is al sedert 1970 vriende en daar het nie ’n enkele dag verbygegaan dat ons mekaar nie gesien of oor die foon gepraat het nie. Dié Maandagaand was die laaste wat ek van Rina gehoor het. Sy het wel my WhatsApp-boodskap gelees, maar nie daarop gereageer nie.”

Volgens Liebenberg het haar vriendin sowat twee maande gelede van Alberton na die Meyerton-omgewing verhuis om nader aan haar suster, Jane Grobler, te wees.

“Rina se man, Anton, is al in 2011 oorlede en sy het geen kinders gehad nie. Dit was logies vir haar om nader aan haar suster te trek. Sy het voor haar aftrede al die jare in Alberton gewoon en as ’n administratiewe klerk by ’n groot maatskappy gewerk,” sê Liebenberg.

“Ek was naderhand rasend van bekommernis toe ek heelweek niks van Rina af hoor nie. Ek het toe besluit om Jane se hulp te vra. Jane se dogters, Celeste en Tasha, het Dinsdag by die eienaar van die perseel waar Rina gehuur het, gaan aanklop. ’n Slotmaker moes die deur oopmaak. Hulle het Rina in die bad gekry – sy was pers en daar was kneusplekke aan haar nek,” sê Liebenberg.

“Rina was ’n fantastiese vriendin met ’n baie sagte hart. Ek dink haar sagtheid het uiteindelik tot haar ondergang gelei. Sy sou haar laaste gee vir enigiemand wat in die moeilikheid was. Ek weet nie of sy iewers met die verkeerde mense deurmekaar geraak het nie,” sê Liebenberg.

Netwerk24 het Grobler Donderdag oor haar suster gekontak. “Ek het nie eens woorde om met enigiemand te praat oor wat gebeur het nie,” was al wat Grobler bereid was om te sê.

Kapt. Aubrey Moopeloa kon by navraag nie bevestig of enigiets uit die woonstel vermis word nie. “ ’n Saak van moord word ondersoek.”

Esmé Liebenberg (links) en haar vriendin Rina Groenewald.
Meer oor:  Meyerton  |  Gauteng  |  Moord-Ondersoek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.