Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (69) op plaas buite Franschhoek oorval, aangerand

’n Vrou is Donderdagoggend in ’n huisrooftog op die plaas Vergesig op die R101-pad in die rigting van Franschhoek beseer.

Die 69-jarige vrou was alleen tuis toe drie mans daar opgedaag en gesê het hulle wil skape koop en wil weet wat dit kos.

Die mans, van wie die een gewapen was, het die vrou oorval en aangerand. Sy is vasgebind en die kluis is met vermoedelik ’n hamer oopgebreek.

Die plaaseienaar kon nog nie bevestig wat alles uit die kluis gesteel is nie.

Die polisie is steeds op die toneel.

Meer oor:  Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.