Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (70) verkrag en haar wangbene vergruis

’n Bejaarde vrou van Bloemspruit, buite Bloemfontein, herstel goed in ’n hospitaal in die stad nadat haar wangbene in ’n aanval vergruis is.

Die 70-jarige vrou se aanvaller(s) het haar ook verkrag.

Sy was verlede Dinsdag alleen in haar dogter se huis op ’n kleinhoewe toe sy aangeval is.

Sy word in die Busamed-hospitaal, naby die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein, behandel.

Volgens haar dogter (46) het sy omstreeks 15:30 by die huis opgedaag en haar ma by die lapa aangetref. Sy kon al by die hek agterkom dat iets verkeerd is en het dadelik na haar ma begin roep en na haar gaan soek.

“Dit was ’n baie lelike prentjie. Dit sal my altyd bybly. My ma se gesig is stukkend en flenters geslaan. Dokters het haar in ’n koma gehou en sy is Saterdag geopereer. Ons kon nog nie met haar praat nie,” sê die dogter.

Volgens haar herstel haar ma goed en is die dokters verbaas oor hoe vinnig sy herstel.

Behalwe vir die erge beserings aan haar gesig, het sy ook beserings aan haar hande opgedoen soos sy haarself probeer verdedig het.

Volgens haar dogter (46) het sy omstreeks 15:30 by die huis opgedaag en haar ma by die lapa aangetref. Sy kon al by die hek agterkom dat iets verkeerd is en het dadelik na haar ma begin roep en na haar gaan soek.

Die aanvallers het met slegs ’n handboor, twee pakkies sigarette, twee hardeskywe en ’n flenters braaier gevlug.

“Dit is baie traumaties vir ons almal en ek voel skuldig omdat sy by my gebly het. My ma het ’n helse geveg opgesit. Dit is in haar geaardheid om terug te baklei.

“Ons kry egter baie ondersteuning en die dokters en personeel van die hospitaal is wonderlik. Ons is dankbaar vir hul goeie diens.

“My suster se tienjarige dogtertjie het gesê die Here het ’n plan met als. Die Here is met ons, Hy dra ons hierdeur.”

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, het gesê aanklagte van poging tot moord en diefstal word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.