Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (76) in aftreeoord in Bfn aangeval en beroof
Die Welgedacht-aftreeoord in Fleurdal, Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

’n 76-jarige vrou van Bloemfontein is Woensdag in die middernagtelike ure in ’n beveiligde aftreeoord aangeval.

Die aanval op Maria Jacobs van die Welgedacht-aftreeoord was omstreeks 01:00 toe twee mans haar aangerand en van waardevolle besittings beroof het.

Maar Jacobs sê die aanval sal haar nie onderkry nie en sy hoop om binnekort na haar wooneenheid in dié oord in Fleurdal terug te keer.

Jacobs, wat 23 jaar alleen in die Douglas-distrik geboer het voordat sy sowat drie jaar gelede na die aftreeoord verhuis het, het onder meer beserings aan haar gesig, regteroog en ribbes opgedoen.

Die mans het glo ’n tak van een van die bome op die sypaadjie gebruik om oor die elektriese omheining te klim.

Hulle het eers ’n veiligheidshek van Jacobs se woonplek met ’n tuinvurk probeer oopbreek, maar het later ’n vullisdrom ingespan om ’n venster te breek.

Jacobs het wakker geword toe die mans reeds langs haar bed staan.

Die ingang na die Welgedacht-aftreeoord in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Sy is verskeie kere met die vuis geslaan en die mans het selfs met hul knieë op haar ribbes gesit terwyl hul geld van haar geëis het.

Nadat hulle met onder meer ’n skootrekenaar, selfoon en R1 000 kontant daar weg is, het sy ’n paniekknoppie gedruk om hulp te ontbied.

Volgens haar seun, Stephen, gaan dit onder die omstandighede goed met haar, hoewel sy nog baie pyn verduur, swaar loop en haar regteroog heeltemal toegeswel is. Sy is nie hospitaal toe nie en het die res van Woensdagoggend by hom deurgebring, maar is Donderdag terug na haar wooneenheid in die aftreeoord.

“Verder is sy positief. Sy het gesê sy gaan nie toelaat dat die voorval haar onderkry nie,” sê Stephen.

Jannie de Welzim, bestuurder van die aftreeoord, sê hulle betreur die voorval en doen hul bes om die veiligheid van die inwoners te verseker. Volgens hom is die omheining van die oord onlangs teen derduisende rande opgegradeer.

Die aanvallers is steeds op vrye voet.

• Dit is die derde voorval in 17 jaar in die Welgedacht-oord, maar die eerste waarin ’n inwoner aangerand is.

• In Junie 2020 het ’n dief sonder skoene in die vroeë oggendure juweliersware van derduisende rande gesteel terwyl die bejaarde eienaar vas aan die slaap was. Dié man, wat ná die inbraak sy skoene agtergelaat het, het vermoedelik deur ’n skuifdeur toegang tot die woning verkry.

Meer oor:  Maria Jacobs  |  Welgedacht-Aftreeoord  |  Bloemfontein  |  Rooftog  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.