Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (76) gevind nadat kapers met haar wegry

’n Bejaarde vrou wat ontvoer is nadat sy en haar lewensmaat laat Dinsdagaand buite Worcester in die Wes-Kaap gekaap is, is gevind.

Die paartjie het omstreeks 22:20 met ’n pap band langs die pad na Robertson gestaan toe rowers op hulle toeslaan.

Hulle het glo net duskant die nuwe groot verkeersirkel buite die dorp gestaan toe twee mans hulle nader.

Die rowers het die sleutels van die Volkswagen Jetta geëis en die man laat uitklim, voordat hulle weggery het met die vrou, wat volgens inligting wat vroeër deur die polisie uitgereik is met die hulp van ’n loopraam of kierie oor die weg kom en ’n kolostomiesakkie dra.

Sers. Annelize October, polisiewoordvoerder, sê die man het die polisie in kennis gestel dat twee verdagtes met die paartjie se motor weggery het. “Die vrou was ten tyde van die kaping nog in die voertuig.”

Nadat die polisie Woensdagoggend ’n kennisgewing uitgereik het oor die vermiste vrou, is nuus ontvang dat sy gevind is, hoewel die besonderhede nog vaag is.

Die verlate voertuig is in 'n industriële gebied buite die dorp, naby Zweletemba, gekry.

Luidens aanvanklike berigte van diegene op die toneel is die vrou geskok, maar fisiek ongedeerd. 

Die paartjie is vermoedelik van Kaapstad.

Volg Netwerk24 vir meer inligting.

gekaap, kaping, jetta
Die Volkswagen Jetta wat deur die rowers gekaap is en Woensdag verlate gevind is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Worcester  |  Ontvoering  |  Misdaad  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.