Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (80) huil byna toe sy hoor aanvallers is vas

’n Bejaarde vrou (80) van Mosselbaai in die Suid-Kaap het byna van verligting gehuil toe sy hoor twee mans wat haar in haar huis by ’n aftreeoord aangerand en beroof het, is deur die polisie vasgetrek.

Die vrou is Sondagoggend vroeg in haar huis by die Santos Haven-aftreeoord in Mosselbaai oorval nadat die mans blykbaar deur ’n oop sitkamervenster sonder diefwering geklim het.

Die vrou het blykbaar nie besef die venster was oop nie.

Sy het kort voor 06:00 wakker geword toe die mans reeds in die huis was. Haar hande is vasgebind, haar mond toegebind en sy is onder meer met ’n vuis in die gesig geslaan. Die aanvallers het met verskeie artikels, waaronder juweliersware uit ’n kluis, gevlug. Die vrou het mediese behandeling ontvang.

Sy is ’n baie sterk vrou. Dit gaan goed met haar en haar dogter is by haar. Maar wat ons nou sien, is dat die trauma inskop. Sy onthou nie meer sekere goed van die voorval nie.

Twee mans in hul 20’s is Dinsdagoggend tussen 04:00 en 05:00 by ’n huis in die Aslapark-gebied naby Kwanonqaba deur die polisie in hegtenis geneem nadat leidrade opgevolg is.

Steven de Kock, bestuurder van die Santos Haven-aftreeoord, sê die inwoner is “ ’n boom en ’n rots”.

“Sy is ’n baie sterk vrou. Dit gaan goed met haar en haar dogter is by haar. Maar wat ons nou sien, is dat die trauma inskop. Sy onthou nie meer sekere goed van die voorval nie.”

Volgens hom het die aftreeoord 24-uur-veiligheidsdienste. Daar word vermoed dat die aanvallers die oord binnegekom het deur in ’n boom naby ’n heining te klim. “Die boom gaan nou uitgehaal word,” voeg hy by.

Toe sy hoor haar aanvallers is in hegtenis geneem, was die vrou byna in trane, sê hy. “Sy is baie verlig. Sy was bang want sy het gewonder wanneer kom hulle terug.”

Volgens hom is die dienste van ’n arbeidsterapeut bekom om die vrou by te staan.

Hy sê wat gebeur het, is bitter jammer. Hy het die polisie geloof vir hul flink optrede om die verdagtes aan te keer. “Dit is uitstekende werk waarvoor ons baie dankbaar is,” sê hy.

Die verdagtes verskyn Donderdag in die landdroshof in Mosselbaai op ’n aanklag van huisroof.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Mosselbaai  |  Aanvallers  |  Beroof  |  Aanval  |  Aangerand  |  Aftreeoord  |  Gevang  |  Polisie  |  Santos Haven-Aftreeoord  |  Bejaarde Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.