Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (95) in haar huis in Hermanus vermoor

Die lyk van ’n 95-jarige vrou is Woensdag in haar meenthuis in Hermanus gevind. Volgens die polisie is sy vermoor.

’n Veiligheidswag het omstreeks 17:00 op haar lyk afgekom, het sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, bevestig.

Die woonkompleks is in Mitchellstraat in die woonbuurt Eastcliff.

“Volgens ons inligting is die polisie ontbied nadat ’n veiligheidswag haar lyk gevind het.”

Sy wou nie verdere inligting bekend maak nie.

“Die omstandighede rakende die moord word ondersoek.”

Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Hermanus  |  Moord  |  Bejaarde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.