Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou aangekeer, 3 beseer in geldwa-rooftog

’n Vrou is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat ’n groep gewapende rowers op ’n geldwa vroeër die middag op die R40-roete by Rockys Drift in Mbombela toegeslaan het.

Drie mense is in die voorval beseer.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 17:00 gebeur.

“ ’n Groep gewapende mans het die geldwa voorgekeer, opgeblaas en ’n onbekende bedrag geld gevat.

“ ’n Multidissiplinêre span van die polisie wat ernstige en geweldsmisdaad ondersoek, was binne minute op die toneel.

“Die ondersoek het die polisie na ’n huis op ’n plaas naby KaMagugu waar van die verdagtes geskuil het, gelei.

“Die 45-jarige vrou is in die huis gevind en in hegtenis geneem. Twee voertuie wat in die rooftog gebruik is, was in die motorhuis geparkeer.

“Daar was steeds geld in geldkissies in die Ford Ranger-bakkie. Die Mercedes-Benz is na bewering in Maart vanjaar in Moroka en die bakkie in November in Springs gesteel. ’n Pistool met sewe patrone is in die motor gevind.

“Die geld wat gevind is, is aan die sekuriteitsmaatskappy teruggegee. Van die geld is beskadig.”

Die vrou sal van die besit van gesteelde goedere aangekla word.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity Sekuriteitsgroep, sê sy ondersoekers werk saam met die polisie.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die paramedici het twee veiligheidswagte buite die voertuig gevind.

“Een van die veiligheidswagte is in die been geskiet en sy kollega se oor is beseer.

“Ons is ook na die anderkant van die pad ontbied waar ’n vrou in haar been geskiet is.”

Meer oor:  Mbombela  |  Geldwa  |  Transitoroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.