Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou bestendig wat met pype op hoewe geslaan is

Die vrou van Duiwelskloof in Limpopo wat ernstige beserings opgedoen toe sy vroeg Dinsdagoggend in haar huis op ’n hoewe aangeval is, is in ’n bestendige toestand in die Mediclinic Tzaneen opgeneem.

Sy is herhaaldelik met staalpype geslaan.

Die vrou, wat volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, 37 jaar oud is, wou Dinsdagmiddag nie enige inligting oor die aanval gee nie.

Marlize Delport, woordvoerder van Mediclinic Tzaneen, het Dinsdagmiddag gesê die vrou wil nie oor die aanval praat nie.

Haar man was op ’n sakereis in die buiteland en sy het saam met ’n huiswerker op die hoewe agtergebly. Haar man was Dinsdag op pad terug na Suid-Afrika.

Drie mans wat glo met messe en ’n panga gewapen was, het ’n veiligheidshek van die huis oopgebreek.

Mojapelo sê ’n alarm het afgegaan en net toe die vrou wou gaan kyk wat fout is, het twee van die drie mans by die deur ingebars.

Mojapelo sê die mans het glo gesê hulle soek geld en juweliersware.

Die vrou het probeer terugbaklei, maar is oorrompel en erg aangerand.

Die huiswerker se hande is deur ’n derde man vasgebind. Mojapelo sê sy is ook beseer.

Die drie rowers het selfone, ’n skootrekenaar, ’n TV-stel en ’n aantal pare skoene gesteel en gevlug.

Die vroue kon hulp ontbied en is na ’n hospitaal in Tzaneen vir behandeling geneem. Die huiswerker is lig beseer en nie in ’n hospitaal opgeneem nie.

Enigiemand met inligting kan ao. Curven Shikwambane by 082 414 2736 bel.

Meer oor:  Tzaneen  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.