Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou is binne oomblikke R8 000 kwyt

’n Bejaarde vrou van Welkom het binne oomblikke meer as R8 000 verloor toe twee mans daarin geslaag het om haar bankkaart by ’n kitsbank in Riebeeckstad, Welkom, te gryp.

Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n man wat voor die vrou by die kitsbank was het, toe sy haar kaart by die masjien insit, gesê hy wag vir sy bankstrokie en haar kaart gegryp.

Die vrou het haar kaart teruggevra, maar hy het gesê dit is in die masjien.

Die ander man het gesê sy moet haar geheime kode insit, maar sy het geweier en onmiddellik probeer om haar kaart te kanselleer.

Dit is nie seker hoe die mans die vrou se geheime kode in die hande gekry het nie, maar sy was nog besig om die kaart te kanselleer toe sy reeds die eerste SMS ontvang het dat daar geld uit haar rekening onttrek is.

Die mans het binne oomblikke R4 000 in kontant met twee transaksies uit haar rekening getrek, R1 720 se drank by ’n drankwinkel in McLeanstraat, Riebeeckstad, gekoop en nog twee transaksies van R1 880 en R860 gedoen.

Die polisie sê mense moet baie versigtig wees en seker maak hulle is alleen wanneer hulle kitsbanke gebruik.

“Vertrou jou instinkte. As daar iemand by die masjien is wat verdag lyk, moenie dit gebruik nie, gaan liewer na ’n ander masjien,” sê Makhele.

Meer oor:  Welkom  |  Diefstal  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.