Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou by sentrum in Randparkrif in kapingspoging doodgeskiet

’n Vrou is Vrydagaand by ’n winkelsentrum in Randparkrif, Johannesburg, doodgeskiet, in ’n kapingspoging.

Die polisie het teen Saterdag nog nie veel inligting bekend gemaak nie en net gesê dit lyk of ’n kaping verkeerd geloop het.

Luidens ’n inskrywing op Facebook deur een van die Honeydew-gemeenskapspolisiëringsforums het die voorval omstreeks 21:45 by die Eagle’s Landing-winkelsentrum aan Christiaan de Wet-rylaan in Randparkrif gebeur.

Lede van die forum het gereageer nadat hulle oor ’n skietery ingelig is. Toe hulle daar aankom, het paramedici die slagoffer probeer help, maar sy is noodlottig gewond.

“Die ondersoek duur voort en geen nader besonderhede kan in die stadium bekend gemaak word nie,” lui die inskrywing.

Kapt. Balan Muthan, woordvoerder vir die Honeydew-polisiekantoor, het Saterdag gesê die polisie ondersoek sake van moord en poging tot kaping.

Muthan kon geen besonderhede oor die oorledene bekend maak nie.

Lede van die Honeydew-gemeenskapspolisiëringsforums was Vrydagaand op die toneel by die Eagle’s Landing-winkelsentrum waar ’n vrou doodgeskiet is. Foto: Facebook, Honeydew Sector 3 CPF

Meer oor:  Eagle’S Landing-Winkelsentrum  |  Randparkrif  |  Johannesburg  |  Moord  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.