Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou dankbaar dogter lewe ná plaasaanval buite Bloem

’n Boervrou in die Verkeerdevlei-distrik buite Bloemfontein is dankbaar dat haar dogter steeds lewe nadat sy Sondagmiddag op haar plaas in dié distrik oorval, aangerand en met drade vasgemaak is.

Sy is egter steeds verbitterd dat Janné Smith (24), haar dogter, sinneloos in haar plaashuis aangeval is en van haar swaarverdiende geld en items beroof is, sê Hanlie Smith.

Janné is Sondag helder oordag op haar plaas Wilsoo in die Verkeerdevlei-distrik, sowat 80 km buite Bloemfontein, oorval en herhaaldelik in haar gesig geslaan voordat sy met draad en tou vasgebind is.

Die rower, wat glo vroeër op die plaas gewerk het, het met ’n haelgeweer, ’n Glock-pistool, ’n wit Mahindra-bakkie, ’n selfoon, skootrekenaar en geld gevlug.

Janné is later deur Lize-Mari, haar suster, en Gawie Stoltz, ’n familievriend, in haar plaashuis gekry. Sy het op haar maag gelê en haar hande en voete was met draad agter haar rug vasgebind.

Smith sê sy is verbitterd omdat hulle hul werkers ordentlik en met die nodige respek behandel.

Ek is verbitterd dat hy in haar woonplek gekom het om haar aan te val en haar van haar swaar verdiende items te beroof
Hanlie Smith, slagoffer se ma

“Ek is verbitterd dat hy in haar woonplek gekom het om haar aan te val en haar van haar swaar verdiende items te beroof.”

Sy sê Janné het vroeër die dag middagete by hulle op hul plaas, skaars 3 km weg van Wilsoo, geëet.

Met haar aankoms op die plaas met geëlektrifiseerde heining het sy besef iets is skort.

“Die deur was reeds oop en haar worshond het aanhoudend geblaf. Sy het haar vuurwapen oorgehaal en wou skiet, maar die vuurwapen het nie afgegaan nie. ’n Man het op haar afgestorm, sy het probeer om haar teë te sit, maar hy was te sterk.”

Sy sê hoewel Janné daarin kon slaag om die mes uit sy hand te slaan, het hy haar verskeie kere met sy kop en vuiste in die gesig geslaan. Die man wou glo vuurwapens en geld hê.

Smith sê sy het bekommerd geword toe Janné nie later die dag weer na hul plaas toe teruggekom het nie en ook nie haar telefoonoproepe geantwoord nie.

“Ek het geweet daar is groot fout. Met my ander dogter en Gawie se aankoms op die plaas het Janné vreeslik geskree.”

Janné is na ’n hospitaal geneem waar sy behandel is en sy is intussen ontslaan. Volgens haar ma is sy baie huilerig en is haar enkels en gewrigte verskriklik seer soos sy gewoel het in ’n poging om die draad los te kry.

Smith sê hulle is ongelooflik dankbaar dat sy lewe.

“Al wat tel, is dat die Vader haar beskerm het.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.