Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou dood in rooftog in Blu Valley Mall in Centurion

’n 32-jarige werknemer van ’n winkel in die Blu Valley Mall in Centurion is dood nadat sy Donderdagoggend in ’n rooftog gewond is.

Die polisie volg leidrade op en is op soek na ’n aantal verdagtes.

Brig. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder, sê volgens hul inligting het die verdagtes in drie voertuie gery – ’n maroenkleurige Nissan Almera, ’n wit Toyota en nog ’n maroenkleurige voertuig.

’n Onbekende aantal mans wat met gewere en pistole gewapen was, het ’n winkel in die winkelsentrum bestorm en met selfone, skootrekenaars en televisiestelle gevlug.

“Die verdagtes het skote afgevuur en ’n vrou wat daar werk, is gewond. Sy is na die hospitaal gehaas, maar het aan haar beserings beswyk,” sê Peters.

Volgens Shawn Herbst, ’n woordvoerder van Netcare 911, het die vrou ’n enkele skietwond aan die linkerkant van haar bolyf gehad.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Wierdabrug-polisiekantoor dringend by 012 685 0015 of die Stop Misdaad-nommer – 08600 10111 – te skakel.

Meer oor:  Blu Valley Mall  |  Centurion  |  Sterfgeval  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.