Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou dood, man ernstig beseer in vakansiehuis gekry

’n Vrou is Dinsdagoggend dood in ’n vakansiehuis in ’n Oos-Kaapse natuurreservaat saam met haar ernstig beseerde man gevind.

Na verneem word, het die 31-jarige vrou steekwonde gehad, terwyl haar 33-jarige man met beserings aan sy bolyf aangetref is.

’n Vakansiehuis in die Hluleka-natuurreservaat in die Oos-Kaap. Foto: www.wildcoast.co.za

Die egpaar, wat blykbaar van KwaZulu-Natal afkomstig is, was saam met hul tweejarige seun met vakansie in die Hluleka-natuurreservaat, wat sowat 80 km van Port St. Johns geleë is.

Volgens kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het ’n buurman omstreeks 03:00 harde stemme uit die egpaar se vakansiehuis gehoor en ondersoek ingestel toe hy op die toneel afkom. Die egpaar se seun is ongedeerd.

Koena sê daar is geen tekens van gedwonge toegang nie en dit blyk dat niks gesteel is nie.

Sy het Dinsdagmiddag gesê die man is steeds in ’n ernstige toestand in die hospitaal en dat die kind in die sorg van die egpaar se bure is.

Die naam van die oorledene word nog deur die polisie weerhou.

Sake van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek.

Meer oor:  Port St. Johns  |  Moord  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.