Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou doodgeskiet in voortslepende bendegeweld

’n Vrou is Sondag in Hanover Park op die Kaapse Vlakte vermoedelik in ’n bendeverwante voorval doodgeskiet.

Mihlali Majikela, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n moordsaak word ondersoek nadat ’n skietvoorval omstreeks 16:00 in Donigal Court, Hanover Park, plaasgevind het.

“Volgens berigte het polisielede van Philippi op ’n klag van moord by die betrokke adres gereageer. Hulle het daar ’n 28-jarige vrou se lyk op die grond met ’n skietwond aan haar bolyf aangetref.”

Majikela sê die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens Ebrahim Abrahams, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), was die voorval bendeverwant. “Dit is ’n voortdurende geveg tussen twee mededingende bendes wat uit wraak baklei.”

Die Americans en die Ghetto-bende baklei glo al die afgelope twee jaar teen mekaar, sê hy.

Intussen het medelye vir die vermoorde vrou en haar familie sedert Sondag op die Western Cape Gangwatch se Facebook-blad ingestroom.

’n Vrou wat haarself as die vermoorde se vriendin geïdentifiseer het, skryf: “Hoekom is jy so gou weg? Jy mag dalk weg wees, maar jy sal nooit vergeet word nie.”

“Medelye aan die familie en geliefdes. So hartseer,” lui een van die ander inskrywings.

Nog ’n vrou skryf: “Hoekom onskuldige mense? Hoekom roei die elemente nie mekaar uit nie? Daardie vrou is ’n vrou wat miskien kinders het en nou is hulle van hul ma ontneem.”

Die polisie vra dat enigiemand met inligting om sy Stop Misdaad-nommer 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Hanover Park  |  Kaapstad  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.