Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou doodgeskiet wat kinders by skool wou aflaai

’n Vrou is Woensdagoggend vroeg in haar motor in Musina in Limpopo doodgeskiet toe sy en haar man, wat by ’n veiligheidsmaatskappy in die dorp betrokke is, hul kinders by die laerskool wou gaan aflaai.

’n Jare lange inwoner van Musina, wat digby die Beitbrug-grenspos is, sê hy het net sy kind by die Laerskool Messina afgelaai toe hy skote hoor klap.

“Ek het die polisie gebel en kort daarna het polisievoertuie aangery gekom.”

Die man, wat nie genoem wil word nie, het langs die pad stilgehou en vir die polisielede gesê die skietery is sowat 200 m van hulle af.

“Toe klap die tweede sarsie skote.”

Ooggetuies sê daar is twee wit BMW’s naby die skietery gesien wat weggery het.

Die skietery het op die hoek van Irwin- en Paul Mill-straat naby die Musina-munisipaliteit gebeur.

Die Engelssprekende vrou is in haar kop geskiet waar sy in die passasiersitplek van die motor gesit het. Haar man is in een van sy arms geskiet. Die egpaar se kinders is ongedeerd.

Daar is glo etlike skote op die motor geskiet.

Ooggetuies sê daar is twee wit BMW’s naby die skietery gesien wat weggery het.

“Dit is skokkend dat só iets in ons dorp gebeur het,” sê die inwoner.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het die voorval bevestig maar kon Woensdagmiddag nie meer inligting daaroor gee nie.

Hy kon ook nie bevestig of die motor wat Woensdagoggend buite Musina in die Tshipise-gebied gekry is, moontlik met die skietery verbind kan word nie. Die polisie het wel die voertuig vir vingerafdrukke gefynkam.

Die vrou wat doodgeskiet is se naam is ook nog nie bekend gemaak nie.

Meer oor:  Skool  |  Limpopo  |  Musina  |  Skietery  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.