Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou en haar baba aangerand in huis

’n Ma en haar 18 maande oue baba is Donderdagoggend in hul huis in Scottsville, Pietermaritzburg, aangerand.

Die vrou en haar babaseuntjie was glo omstreeks 08:00 by hul huis toe drie onbekende mans daar ingekom en hulle gegryp het,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal.

Gwala sê die vrou en die baba is gewurg en die ma se hande is met kleefband vasgebind.

“Die rowers het die kluis, met ’n onbekende bedrag geld in, uit die muur verwyder. Hulle het ook juwele gesteel,” sê Gwala.

Russel Meiring, woordvoerder van die nooddiens ER24, sê die ma en kind het ligte tot matige beserings opgedoen.

“Hulle is eers op die toneel behandel voordat hulle na ’n nabye private hospitaal gebring is.”

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Huisroof  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.