Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou gee haar oor ná baba in vullisdrom gekry is

Die 22-jarige vrou wat na bewering haar pasgebore baba Sondag in ’n vullisdrom in Somerstrand, Port Elizabeth, gegooi het, het haar by die Humewood-polisiekantoor oorgegee.

’n Straatslaper het die babaseun Sondag in ’n vullisdrom op die hoek van Beach-weg en Tweede Laan in Somerstrand gevind.

Die baba met die naelstring nog aan is naak gevind, maar hy was reeds dood.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die vrou het haar Sondag om 22:00 oorgegee.

Volgens Naidu het die polisie DNS-monsters en ’n verklaring haar geneem.

Die DNS sal vir ontleding gestuur word om met sekerheid vas te stel of sy wel die baba se ma is.

Daar is nie nog klagte teen die vrou aanhangig gemaak nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.